4 kapers doodgeskiet en 23 in hegtenis geneem

Vier kapers is doodgeskiet en 23 verdagtes in hegtenis geneem nadat die polisie op ‘n huis in Midrand, Gauteng toegeslaan het waar ‘n groep misdadigers beplan het om ‘n vragmotor tussen Pretoria en Johannesburg te kaap.  Netwerk24 berig ‘n skietgeveg het uitgebreek nadat die verdagtes op die polisie begin skiet het.  Na die voorval het die Minister van Polisie, Beke Cele gesê, die polisie is besig om die stryd teen misdaad te wen.  Volgens Cele was die groep nie amateurs nie.  Daar is beslag gelê op 15 voertuie en vyf vuurwapens.   Die polisie het reageer op inligting van misdadintelligensie.  Die verdagtes word aangekla van poging tot moord, sameswering om gewapende roof te pleeg, diebesit van ongelisensieerde vuurwapens en asook die besit van gekaapte voertuie.

 

Luister na potgooie hieronder