40% van die wêreld se energie is nou van hernubare bronne afkomstig. Dit, volgens ‘n 2002 verslag van die Climate driven Global Renewable Energy Potential Resources and Energy Demand wat gister op die COP28-klimaat beraad in Dubai uitgereik is. Luidens die verslag is hernubare energie, wat primêr gedryf word deur die son, wind en water, die enigste manier waarop energievoorsiening die aarde teen klimaatsverandering kan beskerm en ‘n voorspoedige toekoms vir die volgende geslagte kan verseker. Prof Petteri Taalas, sekretaris-generaal van die Wêreld-metereologiese organisasie, het gesê daar is nog uitdagings, omdat die oorskakeling van fossielbrandstowwe na hernubare bronne te stadig plaasvind.