Sowat 40% van die probleme by Eskom en Transnet word regstreeks of onregstreeks deur misdaad en korrupsie veroorsaak. Dit volgens Martin Kingston, voorsitter van Business for South Africa, of B4SA. Kingston glo ook die land se bruto binnelandse produk kan met agt tot 10% groei as die probleme by die twee staatsmaatskappye opgelos word en misdaad afneem. Hy het Donderdag tydens AgriSA se jaarkongres gepraat en gesê dit is om dié rede dat die privaat sektor nou saam met die regering moet werk. Die regering het vroeër vanjaar gesê dat hy saam met die privaat sektor sal werk om van die krisisse in die land op te los.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×