Dit kan dalk nog ‘n volle vyf dae neem om die 41 konstrukisewerkers uit ‘n ineengestorte tonnel in Indië, na veiligheid te bring.
Dit was gister presies een week sedert die tonnel ingekalwe het.
Hoewel owerhede aanvanklik gesê het dat die arbeiders vinnig gered sou word, is dit vandag reeds dag agt van dié ingewikkelde reddingspoging.
The Guardian berig vrese oor die gesondheid en welstand van die werkers neem toe.
Hulle is al ongeveer 200 uur in die donker tonnelholte in die staat Uttarakhand vasgekeer.