43 plaasaanvalle en vier plaasmoorde het reeds sedert die begin van vanjaar voorgekom

43 plaasaanvalle en vier plaasmoorde het reeds sedert die begin van vanjaar voorgekom.

Die burgerregtegroep Afriforum het sy verslag oor plaasaanvalle vir 2020 bekend gemaak en bevind dat plaasmoorde verlede jaar skerp gestyg het in weerwil van ‘n daling in misdaad tydens die streng inperking.

Die voorsitter van die Saai-landbougorganisasie, Theo de Jager, sê toenemende armoede, gebrekkige
grensbeheer en afgeleë plase is van die oorsake van plaasaanvalle.

Hy sê die polisie behoort ‘n spesiale eenheid vir plaasaanvalle te hê, en dat dit nie met ander geweldsmisdaad soos bendegeweld vergelyk kan word nie.

Luister na potgooie hieronder