437 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die afgelope 24-uur siklus aangemeld en 37 Covid 19-verwante sterftes

 437 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die afgelope 24-uur siklus aangemeld en 37 Covid 19-verwante sterftes

‘n Totaal van 437 nuwe gevalle van Covid-19 is in die afgelope 24-uur siklus aangemeld, wat die laagste styging in byna ‘n jaar is, en 37 Covid 19-verwante sterftes is ook aangemeld.

Daarvan was die meeste, naamlik 16 sterftes, in die Vrystaat, nege in Gauteng, agt in die Oos-Kaap en vier in die Wes-Kaap.

Die totale aantal sterftes weens die coronaviruspandemie is nou 53 32.

Bykans 1 480 000 mense het reeds van Covid 19 herstel.

Die herstelkoers staan steeds op 95%.

Altesaam 272 438 gesondheidswerkers is tot dusver ingeënt.

Dit is al dag 377 van die nasionale ramptoestand.

LeandreAdmin@