Die premier van Noord-Wes, Bushy Maape, het die massaskietery by die Popo
Molefe Informele Nedersetting in Boiketong in Rustenburg skerp veroordeel. SABC-nuus
berig agt mense is op die toneel dood, teryl ‘n negende slagoffer met sy aankoms by die
hospitaal dood verklaar is. Nog agt mense is in die aanval gewond. Volgens die polisie het ‘n
groep individue by die huis van een van die beseerdes gesit toe die aanvallers op hulle
losgebrand het. Die motief vir Saterdagaand se aanval is onbekend. Die premier het ook sy
medelyne betuig met die slagoffers se naasbestaandes.