SOKKER – Die Engelse Sokker-vereniging (FA) het spelers van Aston Villa en Brentford aangekla nadat hulle versuim het om te verseker dat spelers en personeel nie op ’n gepaste en/of aanvaarbare manier opgetree het in diè 2 spanne se Premier-liga wedstryd verlede Sondag nie

Die humeure het opgevlam nadat die voormalige Brentford speler Ollie Watkins sy nuwe klub in die 85ste minuut laat voorloop het voor die reeds omgekrapte Brentford spelers en ondersteuners en daarna sy doel “ook besonder uitbundig” gevier het.

Nadat Villa se Boubacar Kamara kort daarna boonop van die veld gestuur is na ’n gestampery tussen spelers was die petrol behoorlik op die vuur en het gemoedere finaal oorgekook.

*Die skeidsregter David Coote het sy hande ook vol gehad en 10 geelkaarte sowel as 2 rooies uitgedeel in diè wedstryd wat Villa uiteindelik met 2 – 1 gewen het.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×