Verskeie energie-ontleders meen Suid-Afrika se nuwe energie opwekkingplan gaan misluk.
Die plan het nie besonderhede nie en laat baie onbeantwoorde vrae. Die langverwagte konsep van die Geïntegreerde Energieplan van 2023 is vroeër die week vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer. Die plan moet wys hoe elektrisiteitsaanbod en -vraag in die komende jare gebalanseer gaan word. Ontleders sê as die plan in detail bestudeer word sal beurtkrag waarskynlik vir die volgende sewe jaar nog permanent wees. Die plan behels onder andere die uitstel om steenkool-kragstasies finaal af te skakel. Volgens die plan sal dit die land help om krag te voorsien terwyl nuwe energie bronne daargestel word.

Eskom het intussen aangekondig dat beurtkrag vir die dag tussen tienuur vanoggend en vieruur vanmiddag opgeskort is. Dit is weens laer as verwagte elektrisiteitsaanvraag en effens verbeterde opwekkingskapasiteit. Fase 2-beurtkrag sal vanaf vieruur vanmiddag tot vyfuur môreoggend geld. Beurtkrag is steeds môre deur die dag opgeskort soos voorheen gekommunikeer is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×