Die Nasionale Tesourie verwag ‘n tekort van 330-miljard rand aan die einde van die huidige boekjaar namate inkomste-invorderings aanhou daal en uitgawes toeneem. Die Nasionale Tesourie het dit onthul in ‘n verslag wat die regering se inkomste, besteding en lenings vir Desember uiteensit.

Die data het ‘n afname van 16-miljard rand in inkomste getoon, terwyl uitgawes met meer as negemiljard rand toegeneem het. Die regering het vir die jaar tot dusver sy inkomste met 292-komma-vyf-agt-miljard rand oorbestee. Ontleders waarsku dat dit tot ’n skuldspiraal kan lei, aangesien die regering nuwe skuld begin uitreik om bestaande skuld te delg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×