KRIEKET – ’n Jong krieketspeler het die lopies laat vloei in ’n skolewedstryd wat die afgelope naweek oor 50 boulbeurte gespeel was.

Josh Anderson het ’n onoorwonne 357 vir Trinityhouse se o.14A’s teen St. John’s se o.14B’s geslaan van net 162 aflewerings wat 42 viere en 23 sesse ingesluit het.

Diè kanonkolwer wie se helde AB de Villiers en Jos Butler is het wel ’n kans gebied net voor hy sy 100-tal bereik het maar daarna losgetrek en veral die kort aflewerings met mening gestraf. Josh het met nog 11 beurte oor sy spanmaats ook die geleentheid gegee om die lopies in te ryg toe hy die handskoene uitgetrek het.

*Josh was ook die kaptein van die Gauteng Leeus se o.13 span verlede jaar en is ook in 2023 gekies vir die Suid-Afrikaanse Binnenshuise krieketspan wat in Dubai gaan toer het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×