Politieke ontleders is dit eens dat president Cyril Ramaphosa vanaand tydens sy staatsrede eerder ‘n verkiesingsrede gaan lewer. Van werkskepping wat belowe is, sowel as ekonomiese groei, gaan landsburgers nie vanaand veel hoor nie. Netwerk 24 berig kenners sê Ramaphosa moet ook terugvoering gee oor vordering in die land die afgelope jaar.

Prof André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-universiteit, het gesê hy verwag dat Ramaphosa knelpunte van nasionale belang gaan afskeep om eerder die belange van die ANC tydens verkiesingsjaar voorop te stel. Dr Ralph Mathekga, nog ‘n politieke kenner meen die ANC is onder druk en Ramaphosa sal nie veel aandag gee aan onrusbarende feite nie maar sal eerder ‘n mooi prentjie probeer skets om die ANC goed te laat lyk.

Hy het gesê uitdagings soos dienslewering en Eskom gaan nie aandag kry nie, terwyl Ramaphosa eerder op afgesaagde kwessies soos transformasie gaan fokus asook die ANC se suksesse die afgelope 30-jaar. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×