463 nuwe coronavirus-gevalle is in die jongste verslagperiode aangemeld

Die ministerie van Gesondheid het in ‘n verklaring  gesê, 463 nuwe coronavirus-gevalle is in die jongste verslagperiode aangemeld, wat die totaal op eenmiljoen 551-duisend 964 te staan bring. In dieselfde tydperk het 33 persone gesterf aan Covid-19 verwante komplikasies. Die totale dodetal het gestyg tot 52-duisend 987. Noordwes het 18 sterftes aangemeld en KwaZulu-Natal 10. Die herstelkoers is onveranderd op 95 persent.

Luister na potgooie hieronder