Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, sê hy verwerp ‘n plan vir die erkenning vir die internasionale erkenning van ‘n Palestynse staat. Sy kommentaar volg nadat vorige verregse ministers soos Itamar Ben-Gvir en Bezalel Smotrich, ook dieselfde gereageer het  op berigte oor so ‘n plan in The Washington Post.

Volgens die berig wat verskeie Amerikaanse en Arabiese diplomate aangehaal het, is ‘n omvattende plan in die pyplyn waarvolgens Amerika saam met verskeie Arabiese lande saamwerk vir langtermyn vrede tussen Israel en die Palestyne.

Die plan sluit ‘n vaste tydlyn in vir die stigting van ‘n Palestynse staat. Netanyahu het op X gesê Israel sal voortgaan om die eensydige erkenning van ‘n Palestynse staat teen te staan. ‘n Erkenning van die aard sal ‘n beloning wees vir die bloedbad van 7 Oktober 2023 en die ongekende terrorisme van Hamas. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×