Opposisiepartye is dit eens dit is ‘n groot fout van die regering om R150 miljard van die wins van Suid-Afrika se goud-en valutareserwes te gebruik om die land se hemelhoë skuld te delg. Dr Dion George, die DA-LP en woordvoerder oor finansies, het na die begrotingsrede gesê dit sal tot weghol-verkwisting en verdere fiskale probleme lei.

Netwerk 24 berig George het gesê die begroting dui op ‘n paniekbevange en wanfunksionele ANC-regering wat geen planne het om ekonomiese groei te versnel nie. Roger Solomons, Bosa se woordvoerder, het gesê die plundering van Suid-Afrika se goud-en valutareserwes is die laaste poging van ‘n party wat soos ‘n sterwende perd sy laaste skoppe gee. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het gesê die regering beplan om die R150 miljard oor drie jaar te vat ingevolge ‘n ooreenkoms tussen die tesourie en die Reserwebank.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×