Minstens agt mense is vanoggend in ‘n busongeluk dood op die R33 tussen Vryheid en Paulpietersburg in KwaZulu-Natal. Die nasionale polisie woordvoerder, brig Athlenda Mathe, sê volgens ‘n voorlopige verslag  was die bus oppad terug van die Moses Mabhida-stadion waar die ANC Saterdag sy verkiesingsmanifes bekendgestel het.

Mathe sê verskeie mense is beseer en na verskeie hospitale geneem vir mediese behandeling. Arrive Alive berig die busbestuurder het beheer oor die bus verloor en die voertuig het omgeslaan. Paramedici moes ‘n groot getal beseerdes hanteer wat histeries en angsbevange was. Mahlengi Bhengu-Motsiri, woordvoerder van die ANC het aan Maroela Media gesê die ondersteuners was almal van Mpumalanga.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×