Voëlgriep is nog nie iets van die verlede nie en verbruikers sal nog steeds baie opdok vir eiers. Netwerk 24 berig dit kan ook ‘n impak op hoendervleis-pryse hê. Quantum Foods, wat onder meer Nulaid-eiers besit, en een van die land se grootste eierprodusente is, het in ‘n verklaring gesê nuwe uitbrekings is die afgelope maande deur produsente aangemeld.

Quantum self het uitbrekings in die noordelike provinsies beleef wat hom al nagenoeg R37 miljoen gekos het weens hoenders wat van kant gemaak moes word. Die eiervoorraad is tans 60% laer as ‘n jaar gelede. Die maatskappy verwag dat eierproduksie in die hele land vir die volgende ses tot agt maande laag sal bly. Voëlgriep het ook steeds ‘n groot impak op die maatskappy se braaikuiken-afdeling. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×