Die appélhof in Bloemfontein se gallery lyk vandag soos ‘n bokskryt, met ANC-ondersteuners en Fikile Mbalula aan die een kant en MK-partylede en oudpres Jacob Zuma aan die ander kant.

Adv Tshidiso Ramogale het vir die ANC betoog die party het so gou moontlik ‘n appél by die OVK aangeteken kort nadat die MK-party se registrasie proses begin het. Die ANC het betoog die OVK moes die MK-party se aansoek om registrasie vir die verkiesing afgekeur het. Adv Dali Mpofu vir die MK-party, het betoog die ANC se mislukking om die proses tydig te volg, is ‘n misbruik van hofprosesse.

Hy het verder betoog dat die ANC die besluit van die OVK aanvaar het om die MK-party te registreer, maar het uit sy slaap ontwaak toe oudpres Zuma sy steun op 16 Desember aan dié party toegesê het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×