Die skielike dood van die 45-jarige Werner de Jager, is met skok en ongeloof begroet. De Jager se dood is gister bekendgemaak terwyl die DKD nie wou bevestig of De Jager aan ‘n oordosis medisyne dood is nie. Hy het tereggestaan op die moord van sy vrou, ds Liezel de Jager van Amanzimtoti in Oktober 2021, asook twee klagtes van bedrog.

Ian Cameron, ‘n parlementêre kandidaat van die DA en vroeër van Action Society, het ‘n groot rol gespeel om seker te maak die moordsaak word behoorlik ondersoek. Hy het ook ds Liezel se familie ondersteun. Cameron het gesê indien De Jager selfmoord gepleeg het, was hy ‘n lafaard om die maklike uitweg te neem. Hy het gesê sal talle vrae sal nou nooit beantwoord word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×