Die Suid-Afrikaanse Raad vir Alkoholisme en Dwelm-afhanklikheid, of Sanca, is bekommerd oor die toename in die gebruik van kokaïne in Suid-Afrika. Die organisasie het gereageer nadat die polisie Maandag op R15 miljoen se kokaine beslag gelê het by die Richardbaai hawe.
Dit is een van vele polisieklopjagte die afgelope jaar waartydens beslag gelê is op kokaine ter waarde van ongeveer R200 miljoen. Sanca se Durbanse direkteur, Fathima Hoosen, het aan SABC News gesê daar is ‘n 32% toename in gevalle van mense wat aan kokaine verslawing ly.
Sy het gesê die fonds in Richardbaai is ‘n bewys dat dwelmhandel-sindikate meer as ooit in Suid-Afrika bedrywig is.