Tussen Oktober en Desember verlede jaar het nie minder as 4 748 ontvoerings landwyd plaasgevind. Dit beteken 50 mense word elke dag in Suid-Afrika ontvoer.

Meer as die helfte hiervan het in Gauteng plaasgevind. Maroela Media berig dit is volgens die jongste misdaadstatistieke wat deur die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, bekendgemaak is.

Hiervolgens het ontvoerings vir die vierde opeenvolgende jaar drasties gestyg, met meer as 17 000 ontvoerings wat in die vorige boekjaar plaasgevind het.

Maroela Media het glo van ʼn onberispelike bron verneem dat daar binnekort opgetree gaan word teen ʼn hooggeplaaste in die polisie in Gauteng wat blykbaar by die koördinering van ontvoerings vir ʼn losprys betrokke is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×