‘n Vrou van 51 moet Vrydagoggend, 8 November 2024, haar eerste hofverskyning maak in verband met die moord op die 22-jarige Moegamat Dollie.
IOL berig die jong man se liggaam is in Missionvale, noord van Gqeberha in die Oos-Kaap, gevind.
Hy het beswyk aan skietwonde aan sy kop en nek, wat gelei het tot die vrou se inhegtenisname.
Die ondersoek duur voort, en verdere inhegtenisnemings word verwag.
Die vrou moet in die New Brighton-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
1 Comment
Comments are closed.