RUGBY – Die Westelike Provinsie het seker gemaak van sy plek in die 0.18 Cravenweek se hoofwedstryd wat Saterdag gespeel word nadat hy die OP pakslae gegee het op Dag 3 van die toernooi wat in Krugersdorp plaasvind.

Die Streeptruie het met 66 -14 skoonskip gemaak en het na 23 minute se spel reeds 33 punte op die telbord gehad.

Die Haaie was ook op die wenpad en het SWD met 28 – 19 gestuit terwyl die Boland met 34 – 20 teen Grens geseëvier het. Die Valke was ook op die wenpad teen die Luiperds en het met 36 – 26 die septer geswaai.

Donderdag se bepalings is as volg:

10:00 – Griekwas vs Limpopo Blou Bulle

11:30 – Griffons vs Pumas

13:00 – Leeus vs Westelike Provinsie XV

14:30 – Bulle vs Vrystaat

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×