Suid-Afrika se salarisrekening vir staatsdiensamptenare is een van die hoogstes onder ontwikkelende lande. Meer as 55-duisend staatsamptenare verdien tans jaarliks salarisse van meer as een-miljoen rand elk. Volgens die minister van finansies, Enoch Godongwana, is dit byna 45-duisend meer as die 10-duisend staatsaptenare wat in 2013/2014 sulke salarisse verdien het. Netwerk 24 berig sowat 48% van alle staatsamptenare sal tussen R350 000 en R600 000 per jaar verdien. Godongwana het tydens die mediumtermyn-begrotingsrede gesê daar is begin om terugvorderingsmeganismes in werking te stel om die vergoeding van werknemers te beperk.
