Die Springbok-slot Eben Etzebeth sal die naweek wel teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap kragmeting op Ellis Park ‘n verskyning maak.

Die 32 jarige het herstel van ‘n knie besering en het die goedkeuring van die span dokters gekry om die naweek te kan speel.

Etzebeth sal van die plaasvervangersbank ‘n impak maak met Marco “Eskom” van Staden wat nou sy plek kwyt in die 23-tal sal wees.

As Etzebeth speel sal hy sy 125 ste verskyning maak vir die Springbokke en Bryan Habana verby vat as die tweede mees ervare Springbok van alle tye.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×