Twee Suid-Afrikaanse swemmers het Dinsdagmiddag aangetree vir eindrondtes by die Paralimpiese Spele maar kon nie enige medaljes inpalm nie.

Christian Sadie kon slegs ‘n vyfde plek in die 100m rugslag (S7 klas) behaal terwyl Nathan Hendricks met die sewende plek in die 200m individuele (SM13) klas tevrede moes wees waar hy wel ’n nuwe Afrika rekord opgestel het in ’n tyd van 2:17.15.

Op die atletiekbaan het Sheryl James en Liezel Gouws hul beste gelewer in die 400m finaal van die T37 klas en onderskeidelik die vierde en vyfde plekke ingeryg.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×