57-jarige verdagte verskyn vandag in die Upington Landdroshof in verband met ‘n transitorooftog

 57-jarige verdagte verskyn vandag in die Upington Landdroshof in verband met ‘n transitorooftog

‘n 57-jarige verdagte verskyn vandag in die Upington Landdroshof in die Noord-Kaap in verband met ‘n transitorooftog.

Vyf mans het na bewering Dinsdag twee veiligheidswagte by die Kalahari-winkelsentrum in Upington beroof terwyl hulle
geld by ‘n kitsbank gelaai het.

Die polisie sê sowat R4-miljoen is tydens die rooftog gesteel.

Vier verdagtes is steeds op vrye voet.

Die Valke sê verskeie leidrade word opgevolg.

LeandreAdmin@