Cilliers Brink is as die burgemeester van Tshwane in Gauteng verwyder.

Die ANC het vroeër vandeesmaand ’n mosie van wantroue teen Brink ingedien waarin verklaar word dat hulle vertroue verloor het in sy vermoë om die metro te lei.

Altesaam 120 raadslede het ten gunste van die mosie gestem, terwyl 87 daarteen gestem het.

Een raadslik het buite stemming gebly.

Volgens Brink het die ANC , EFF en ActionSA hulle eie belange bo die van die inwoners gestel.

Hy het vroeër tydens ‘n onderhoud gesê dat die mosie nie deur kommer oor dienslewering gedryf word nie, maar deur nuwe regulasies wat die stad vir kontrakteurs vir afvalverwydering ingestel het.

Die regulasies het daartoe gelei dat die stad 60 persent van sy voormalige kontrakteurs laat vaar het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×