Suid-Afrikaners in die buiteland wat mag stem, kan tot 22 April aansoek doen om in Mei hulle kruisies te trek. Kate Bapela, woordvoerder van die Verkiesingskommissie, of OVK, sê meer as 58-duisend Suid-Afrikaners wat oorsee woon en werk het reeds geregistreer. Dit is heelwat meer as die 29-duisend wat in 2019 geregistreer het.

Suid-Afrikaners kan by hul naaste hoë kommissaris, ambassade of konsulaat gaan registreer en stem. Netwerk 24 berig die kieshof het vroeër beslis konsulate waar geregtigde kiesers gaan stem, sluit ere-konsulate in, maar die OVK gaan teen die beslissing appelleer. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×