“61 mense in Suid-Afrika is vir die coronavirus getoets, maar al die toetse was negatief.”

 “61 mense in Suid-Afrika is vir die coronavirus getoets, maar al die toetse was negatief.”

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê 61 mense in Suid-Afrika is vir die coronavirus getoets, maar al die toetse was negatief.

Die instituut sê indien ‘n geval wel opgespoor word, is die land goed voorbereid om daarop te reageer.

Die instituut werk saam met die nasionale departement van Gesondheid om stelsels te verbeter om die virus op te spoor.

Meer as 1000 mense is in China weens die virus dood, terwyl sowat 40 000 mense die virus onder lede het.