Minstens 64 mense is in Papoea-Nieu-Guinee afgemaai, toe konflik tussen die Ambulin en die Sikin-stam in die afgeleë Hooglandstreek uitgebreek het.

Owerhede het aan die nuusagentskap Al Jazeera gesê Sondag se bloedbad is die ergste in jare. Die land gaan lank reeds onder konflik gebuk, wat van tyd tot tyd weens verkeie redes ontstaan.

‘n 14 dag lange noodtoestand is in die tweede week van Januarie afgekondig, nadat 15 mense in gewelddadige protes-optrede in die hoofstad gesterf het. Soldate, polisiebeamptes en tronkbewaarders het toe skynbaar oor salaris-aftrekkings betoog.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×