Die Suid-Afrikaanse mansspan het ‘n drie-paaltjie oorwinning behaal oor Pakistan “A” se Shaheens in hulle Kampioenetrofee opwarmingstryd in Karachi.
Die Proteas moes 323 lopies jaag vir die oorwinning met die top-orde kolwers Ryan Rickelton , Tony de Zorzi en Rassie van der Dussen wat uitgestaan het met 50-talle voor Aiden Markam en Marco Jansen die Proteas tot verby die teiken gekry het met ‘n boulbeurt steeds oor.
Die Shaheens het in hulle kolfbeurt gevorder tot 322 / 8 in hul 50-boulbeurte waar Muhammad Hurraira met 110 en Imam-ul-Haq se 98 die hoogtepunte was.
Diè sege gee die Proteas goeie momentum voor hulle Kampioenetrofee-veldtog Vrydagoggend begin met ‘n ontmoeting teen Afghanistan.