7 004 moorde en 10 590 verkragtings binne net 92 dae, is van die angswekkende misdaadstatistieke wat gister deur die minister van polisie, Bheki Cele en generaal Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, bekend gemaak is.

Die verslagperiode ter sprake is 1 Julie tot einde September vanjaar, en statistieke toon dat alle misdaad teenoor die vergelykende tydperk in die vorige boekjaar die hoogte ingeskiet het.

Gedurende die drie maande is daar ‘n gemmiddeld van 76 mense per dag vermoor, is 115 verkragtings aangemeld, asook 448 ernstige aanrandings en 417 ernstige rooftogte.

Cele, wie se kop opnuut vanuit alle oorde geëis word, het gesê dat aggressie en geweld kommerwekkende vlakke in Suid-Afrika aangeneem het.

Hy het gesê die polisie sal sy planne teen misdaad moet versterk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×