Altesaam sewe verdagtes, wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na bewering uit meer as R650-miljoen bedrieg het, is in vier van die land se provinsies in hegtenis geneem. Die vier vroue en drie mans – wat huidige en voormalige werknemers van die inkomstediens insluit – staar aanklagte van bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie in die gesig.

Die sewe – wat onderskeidelik in Gauteng, Limpopo, Vrystaat en in die Oos-Kaap vasgetrek is – verskyn na verwagting Dinsdag in die landdroshof op Ladybrand in die Oos Vrystaat. Die Valke sê nog twee inhegtenisnemings word binnekort verwag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×