700 000 hektaar grond, wat voorheen in die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust gehou is, word in fases beskikbaar gestel

Die Departement van Landbou het die verifikasieproses van aansoeke vir staatsgrond vir landboudoeleindes afgehandel.

Thoko Didiza, die minister van Landbou, en amptenare van haar departement het voor die parlement se
portefeuljekomitee verskyn om terugvoering te gee.

Luidens hulle terugvoer sal 700 000 hektaar grond, wat voorheen in die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust gehou is, in fases beskikbaar gestel word.

Volgens Terries Ndove, die direkteur-generaal, is bykans 44 000 aansoeke ontvang.

Hy sê meer as 700 staatsamptenare, wat nie die vereiste afkoelingstydperk van 24 maande voltooi het
nie, het ook aansoek gedoen.

Luister na potgooie hieronder