Die DA doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ‘n petisie teen die reguleringsowerheid vir die private sekuriteitsbedryf, Psira, se voorgestelde wysigings oor private sekuriteit te onderteken.
Die party glo die wysigings bedreig die uitvoerbaarheid en doeltreffendheid van private sekuriteit, aangesien die konsepregulasies daarop gemik is om toegang tot noodsaaklike en nie-dodelike gereedskap te beperk.
Die DA sê hulle vrees die wysigings sal Suid-Afrikaners en private veiligheidspersoneel in gevaar stel.
Die party se Ian Cameron sê dit kan ook tot werkverliese lei, aangesien die private sekuriteitsektor meer as 500-duisend Suid-Afrikaners in diens neem.
LUISTER: