Eben Etzebeth en Aphelele Fassi is deel van die Sharks-groep wat Maandag na Skotland vertrek het voor hul volgende VRK-kragmetings.

Grant Williams en Lukhanyo Am maak ook hul langverwagte terugkeer vanaf die beseringslys wat afrigter John Plumtree se 28-man-toergroep ‘n hupstoot gee.

Die Sharks pak Edinburgh Vrydag in die Hive-stadion voordat hulle ‘n week later Ulster in Belfast die stryd gaan aansê.

Etzebeth was nog nie weer in die aksie sedert hy in Desember harsingskudding opgedoen het nie terwyl Fassi herstel het van knie- en enkelbeserings wat hy opgedoen het teen die Stormers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×