MS Dhoni se Chennai Super Kings, wat reeds vyf keer die Indiese Premier Liga titel gewen het, se toernooi is nou iets van die verlede nadat hulle ’n agste nederlaag uit tien wedstryde gelei het.
CSK het in hul laaste wedstryd teen die Punjab Kings met vier paaltjies verloor. Die Kanarie-geelspan het geëindig op 190 terwyl die bybreek-meester Yuzvendra Chahal vier paaltjies in vyf aflewerings laat tuimel het. Sy puik boulskof het ook ’n driekuns ingesluit.
Die Kings het nou tweede op die punteleer ingeskuif terwyl die Royal Challengers Bengaluru die eerste plek beklee met 14 punte na tien wedstryde.
Die eerste kwalifiserings-wedstryd in vanjaar se toernooi word op 20 Mei in Hyderabad beslis.