744 Nuwe Covid-19 gevalle asook 21 sterftes bevestig

Indien Covid-19 entstof soos verwag gelewer word kan sowat 46,2-miljoen Suid-Afrikaners teen einde Maart aanstaande jaar teen Covid-19 ingeënt wees.

Zweli Mkhize, die minister van Gesondheid, het vroeër in ‘n verklaring bekendgemaak dat 343 420 mense ouer as 60-jaar reeds vir inentings geregistreer het.

Intussen is 744 nuwe Covid-19 gevalle in die afgelope 24-uur siklus bevestig asook 21 sterftes.

Die aktiewe gevalle in die land staan op 22 880.

Luister na potgooie hieronder