756 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld en 79 Covid 19-verwante sterftes

 756 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld en 79 Covid 19-verwante sterftes

‘n Totaal van 756 nuwe gevalle van Covid-19 is in die afgelope 24-uur siklus aangemeld en 79 Covid 19-verwante sterftes is ook in die tydperk aangemeld.

Daarvan was die meeste, naamlik 25 sterftes, in Gauteng en ook 25 in Kwazulu-Natal, 18 in die Vrystaat, 6 in Mpumalanga, 4 in die Wes-Kaap en een in die Oos-Kaap.

Die totale aantal sterftes weens die coronaviruspandemie is nou 53 111.

Die herstelkoers staan steeds op 95%.

‘n Gesondheidskenner het intussen aan Netwerk24 gesê dat die gevolge wat Paasnaweek op Coronavirus-getalle gaan hê, eers
later duidelik sal wees omdat die venstertydperk van die virus tussen 10 en 14 dae is.

LeandreAdmin@