Die skepper van die langlopende sepie 7de Laan op SABC2, Danie Odendaal, is in Langebaan ná ’n kort siekte in die ouderdom van 77 jaar oorlede. Netwerk24 berig die oorsaak van sy sterfte is nog onbekend.

Odendaal het in Desember 2019 ’n beroerte gehad terwyl hy in Pervillac, Frankryk, was en het daarna na Suid-Afrika teruggekeer. Sy gesondheid het oor die afgelope paar maande agteruit gegaan.

Sy bydraes tot televisie en teater het vir vele ander die weg gebaan, en sy nalatenskap straal helder deur 7de Laan.

Odendaal het saam met Frans Marx met die sepie Egoli sy tande geslyp en later produksies soos Dennekruin 12, Beelde, Saartjie, Okavango en vele meer gelewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×