7’s RUGBY – Die Blitsbokke wat vir die 1ste keer in 2016 met ’n Olimpiese bronsmedalje kon terugkeer huistoe gaan nou weer die geleenthheid kry om die goud te wen nadat hy vir Parys Spele gekwalifiseer het.
Die Groen en Goud het die Monaco 7’s toernooi gewen toe hy Brittanje in ’n taai eindstryd met 14 – 5 kon troef.
*Die Blitsbokke het reeds 2 vorige geleenthede om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer deur hul vingers laat glip. Die 1ste keer was in die 2022-23’ seisoen toe hy nie onder die top 4 kon eindig nie en toe weer verlede jaar September waar hulle teen Kenia vasgeval het in die eindstryd van die Afrika 7’s-toernooi.