SEWES RUGBY – Die Blitzbokke het ook hul Wêreld 7’s veldtog op ’n wennoot in Perth begin toe Selvyn Davids se span Kanada met 24 – 7 gestormloop het.
Suid-Afrika het 4 keer gaan druk terwyl die debutant Tristan Leyds ook laat in die wedstryd sy 1ste 5-punter vir die Groen en Goud behaal het.
In die ander wedstryde wat ook reeds gespeel is het Fiji vir Samoa met 14 – 7 getroef terwyl die onvoorspelbare Franse die All Blacks met 33 – 17 verniel het.
*Die Blitzbokke het ook hul 2de wedstryd vroeër vandag teen Spanje met 21 – 14 gewen en speel Saterdagoggend om 06:38 (SA Tyd) teen Argentinië.