7’s RUGBY – Suid-Afrika se Olimpiese bronsmedaljewenners sal in Desember weer op eie bodem te sien wees wanneer een van die mees gewildste byeenkomste op die Kaapstad-kalender die naweek van 7 en 8 Desember na die Moederstad terugkeer.

Die Blitsbokke en 23 ander beste mans- en vroue-sewesspanne in die wêreld kom saam in Kaapstad vir die begin van die somerseisoen en die immergewilde HSBC SVNS by die DHL-stadion.

Wêreldrugby het Donderdag aangekondig dat HSBC SVNS 2025 weer met die tradisionele openingsdubbelronde van Dubai en Kaapstad sal begin.

SA Rugby se uitvoerende hoof Rian Oberholzer het gesê die 2024-byeenkoms beloof om weer die elemente te lewer wat die Kaapstad-been van die wêreldreeks een van die beste sportbyeenkomste in Suid-Afrika gemaak het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×