RUGBY – Philip Snyman is as die Blitsbokke se afrigter aangestel tot na afloop van die Olimpiese Spele nadat Stix Ngcobo die trekpas gekry het na sy sukkelende vertoning saam met nasionale 7’s rugbyspan sedert hy by Neil Powell oorgeneem het.

Snyman – ’n gebore Bloemfonteiner – was Ngcobo se regtehand gewees en het ook tot 2019 die Groen en Goud in diè kort formaat van die spel verteenwoordig. Hy het in 62 toernooie gespeel waarvan hy 28 keer die span aangevoer het.

Ngcobo sal weer sy pos as afrigter van die nasionale 7’s akademie hervat waar SARU hom steeds sal bystaan met verdere ontwikkeling.

*Suid-Afrika het nog tot Junie kans by diè toernooi in Monaco om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer waar hulle teen spanne soos Spanje en Brittanje sake sal moet uitspook vir die laaste plek by die Parys skouspel.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×