7’s RUGBY  – Die SA vroue sewesspan het ook reeds van Maandag in die Eikestad begin met hul voorbereiding vir die Afrika-sewesternooi wat op 14 en 15 Oktober in Tunisiè plaasvind.

Die sterspeler Nadine Roos en nog bekendes soos Zintle Mpupha ,Mathrin Simmers , Eloise Webb en Kemisetso Baloyi is ook na die oefenkamp genooi en was almal deel van die span wat die Uitdaagreeks in April gewen het.

8 nuwe spelers is ook genooi wat die voormalige Protea-netbalspeler en lid van die Vrystaat vrouespan wat die 1ste Liga gewen het Sikholiwe Mdletshe insluit.

Die wenner van diè toernooi sal dan kwalifiseer om aanstaande jaar aan die Olimpiese Spele deel te neem.

 

Die 7’s manne sal ook eerskomende naweek by die Afrika-toernooi in Harare in aksie wees.

Impi Visser sal die span aanvoer terwyl die voormalige Springbok-vleuel Rosko Specman ook deel van die uitsoekgroep is.

Die Blitsbokke moet diè toernooi in Zimbabwe wen om ook aanstaande jaar Suid-Afrika by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×