8 miljoen bewysstukke en forensiese monsters wat op misdaadtonele versamel is kan verlore gaan weens wanbetaling

Die Suid-Afrikaanse polisiediens kan, na wat deur Netwerk24 berig word, sowat 8 miljoen bewysstukke en forensiese monsters wat op misdaadtonele versamel is verloor.  Dit nadat die rekenaarstelsel wat speurders en forensiese personeel gebruik om tred te hou met forensiese monsters afgeskakel is weens ‘n dispuut oor wanbetaling.  Die geskil tussen die polisie en die maatskappy wat verantwoordelik is vir die stelsels, Forensic Data Analyst, FDA, het al nege keer in die afgelope jare in die hof gedraai.  Die hof het elke keer teen die staat beslis.  Daar is ook bewerings van korrupsie tussen die polisie en die maatskappy FDA.  Nog ‘n stelsel wat deur FDA afgeskakel is, is die vuurwapenpermit-stelsel wat polisievuurwapens-en-ammunisie bestuur. Die maatskappy, FDA sê hy wag vir terugvoer van polisie-kommisaris Kehla Sitole voordat enige verdere stappe geneem sal word. Die polisie het nie op navrae gereageer nie.

Luister na potgooie hieronder