Agt plaasmoorde binne die bestek van net agt dae. Dít is die wrede werklikheid wat Suid-Afrika se boeregemeenskap in die gesig staar.

Volksblad berig ses van die agt slagoffers is die afgelope naweek vermoor.

Die plaasmoorde volg etlike dae nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak het.

Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se sentrum vir landelike veiligheid, het gesê boere moet vroeëwaarskuwingstelsels in plek hê en moet proaktief optree.

Die 8 voorvalle is verspreid oor die land.

Die moorde is gepleeg naby Sasolburg, Oranjeville in die Vrystaat, Kookhuis, Piketberg en Ohrigstad.

Talle van die slagoffers is gemartel voordat hulle doodgemaak is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×