81% van alle rioolsuiweringsaanlegte in die Vrystaat is wanfunksioneel terwyl 70% in die land wanfunksioneel is, het die Vryheidsfront Plus Donderdag in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gesê.
Intussen het twee DA-raadslede van die Mangaung-metro Donderdag ‘n klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor die 123 rioolplekke wat al langer as ‘n maand in Bloemfontein die strate vol loop.
Rossouw Botes sê die metro gee nie gehoor aan hulle versoek nie, maar die MRK het meer mag.
Inwoners kla dat hulle tussen stinkende rioolvuil moet woon en niks aan hulle klagtes gedoen word nie.