Die departement van korrektiewe dienste, of DKD, meld ‘n afname in ontsnappings uit sy tronke gedurende die afgelope boekjaar.

Die parlement het gister van die DKD verneem ontsnappings het van 117 in 2021, tot 90 in die jongste boekjaar gedaal.

Hoof-adjunkkommissaris, Joseph Katenga, het gesê 90% van alle gevangenes wat in die huidige boekjaar ontsnap het, is reeds weer in
hegtenis geneem.

Drie uit die 27 wat ontsnap het, is nog op vrye voet.

Daar is tans nagenoeg 127 000 gevangenes agter tralies in Suid-Afrikaanse tronke.

Dit is minstens 10 000 meer as in die voorafgaande verslagtydperk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×